Sport

Alles wat jy moet weet oor Sport by Oosskool

Atletiek

• Tydens die eerste kwartaal.
• Massabyeenkoms – almal neem deel.
• Voëltjiesport in die eerste kwartaal.
• Derde kwartaal word ‘n algemene byeenkoms gehou ter voorbereiding van die Super 12.
• Vierde kwartaal word atletiekafrigting gedoen, veral hoogspring, hekkies, diskus, spiesgooi en langafstande.

IMG-20190116-WA0044

Bulletjierugby

• Bulletjie rugby is Oosskool se beginner rugby. Omdat dit eenvoudig is om af te rig, word van ouerhulp gebruik gemaak.
• 0/6 – 6 spelers per span.
• 0/7 – 7 spelers per span.
• 0/8 – 12 spelers per span.
• Wedstryde duur 20 minute. Tien minute aan elke kant. ‘n Drie tel een punt en daar word nie van die pale gebruik gemaak nie.
• Begin Februarie en eindig eerste week van Junie.
• Oefentye : 17:00-18:00 op Maandae, Dinsdae en Donderdae.

IMG_20190121_190321_233

Rugby

• Oosskool skryf A en B-spanne in vir ligawedstryde. Omdat die meeste skole nie B-spanne het nie, speel Oosskool se B-spanne teen P2-skole se A-spanne (vriendskaplik).
• Toere word ten volle deur ouers betaal.
• Super 12 wedstryde vorm deel van ligawedstryde.
• Gedurende die vierde kwartaal begin 0/8’s met balvaardigheid ter voorbereiding van 0/9.
• Bondedae – 0/9 Polokwane, 0/10 Polokwane, 0/11 Potchefstroom, 0/13 Pretoria.
• Gedurende Februarie vind daar ‘n 7’s Rugbytoernooi tussen die registerklasse (Graad 4-7) plaas.

1743

Mini Netbal

• Betrek dogtertjies vanaf 0/7 en 0/8.
• Bevorder vaardighede, balans, konsentrasie en sosialisering.
• Span bestaan uit 10 speelsters. Spelers roteer, 7 spelers op die baan en 3 wat ‘n tydhouer, tellinghouer en bordhouer om die beurt is. Al 10 spelers kry geleentheid om te speel.
• Slegs vriendskaplike wedstryde.
• Ouerafrigting
• Oefentye: 12:45-13:30

IMG_20190121_190321_232

Netbal

• Dogters vanaf 0/9 neem deel aan ligawedstryde.
• A en B spanne speel ligawedstryde.
• Die Super 12 is ter voorbereiding van die liga.

1774

Krieket

• Word gespeel volgens krieketreëls.
• Wedstryde op weeksdae en ook Saterdae.
• Super 12 gedurende Junie/Julie vakansie. Slegs 0/11 en 0/13 te Rustenburg.

cricket-equipment-on-grass-VLJKMF3

Tennis

• Oopsport van Graad 1 tot 7.
• Elke kind verantwoordelik vir eie afrigting.
• Inligting beskikbaar by tennisorganiseerder van die skool.
• Eerste kwartaal – Tennistoernooi.
• Ouderdomme is nie relevant nie maar wel vaardighede.
• Tweede kwartaal – Dagings – Woensdae.
• Derde kwartaal – Liga – Maandae en Woensdae.
• Dogter- en seunspanne word afsonderlik gekies.

tennis-balls-on-a-tennis-court-PD45CUW

Swem

• Vind plaas in die eerste, derde en vierde kwartaal.
• Inligting beskikbaar by swemorganiseerder van die skool.
• Indien swemmers verkies word tot die skool se swemspan word daar twee keer per week saam geoefen in die skool se swembad. Dié afrigting is gratis.
• Swemmers in die Oosskool swemspan moet ‘n Oosskool swempet hê wat by die skool se klerewinkel beskikbaar is.

IMG-20190208-WA0022

Landloop

• Vir alle leerders tydens die tweede en derde kwartaal.

1555

Jukskei

• Word aangebied as ‘n keuse by Vormende Vakke
• Provinsiale spanne word gekies.
• Bondedag vind plaas.

IMG-20190312-WA0040

Skaak

• Vir alle leerders van Graad 1 tot 7.
• Graad 1 en 2 leerders kry professionele hulp.
• Junior- en seniorspanne word gekies wat aan Super 12-kompetisie deelneem.
• Twee (2) spankompetisies.
• Individuele kompetisies om te kwalifiseer om aan Limpopo Provinsie Proewe deel te neem.
• Limpopo Provinsie Proewe om vir SA deelname te kwalifiseer.

IMG-20190206-WA0020