Skoolreëls

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS
Inleiding
Die Beheerliggaam van die skool word verplig deur die, Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996, om ‘n Gedragskode vir leerders op te stel. Hierdie Gedragskode moet goed geformuleer, deursigtig en maklik verstaanbaar wees vir al die partye betrokke en moet met die samewerking van die leerders opgestel word. Die Gedragskode omsluit al die morele beginsels en waardes wat ondersteun word deur die gemeenskap met die hoofdoel tot volhoubare onderwys. Die Gedragskode bied die nodige riglyne vir die verantwoordelike optrede van beide die leerder en die onderwyser, sodat elke leerder ‘n selfstandige burger van die land kan word. Verder omsluit die Gedragskode duidelik die rol van al die rolspelers ten opsigte van die skep van ‘n positiewe leeromgewing.

DIE DOEL VAN DIE GEDRAGSKODE VIR LEERDERS
Die doel van die stelsel is om:

– onderwysers leiding te gee in die toepassing van dissipline.
– onderwysers betrokke te kry om integriteit en waardes vir alle leerders aan te leer.
– ‘n gedissiplineerde omgewing te skep wat elke leerder tot selfdissipline roep.
– die ongedissiplineerde leerder tot verantwoording te roep.

Met hierdie stelsel sal ons ook daarna streef om die negatiewe te vermy en die positiewe te beklemtoon.

BEGINSELS EN WAARDES : DIE REGTE VAN LEERDERS

Demokrasie
Die skool moet die reg van elke leerder beskerm aangaande die demokratiese deelname aan al die besluitnemingsprosesse by die skool wat die leerders raak.

Diskriminasie en gelykheid
Geen persoon mag onbillik diskrimineer teen ‘n leerder by die skool nie. Alle leerders geniet dieselfde en gelyke voordele en beskerming deur wetgewing.

Privaatheid, respek en waardigheid
Elke leerder geniet ook die reg om sy/haar waardigheid uit te leef en sodoende die nodige respek te ontvang, veral wedersydse respek teenoor ander kulture, gelowe en tradisies. Leerders het ook die reg tot privaatheid, veral waar hul eiendom deursoek en gehanteer word, maar eiendom mag deursoek word deur ‘n onderwyser of die hoof waar enige leerder verdink word van onraad.

Vryheid van spraak
Die leerder het die reg om sy of haar vryheid van spraak toe te pas, sodoende dat hy of sy gehoor, verstaan en na geluister word. Leerders mag wel nie die reg misbruik om haatspraak, vloek en ander beledigings te versprei nie, siende dat dit teen die skoolreëls se beginsels is en kan lei tot dissiplinêre optrede.

Skool en leer-omgewing
Leerders is daarop geregtig dat hul leeromgewing skoon en netjies is sodat volhoubare onderrig kan plaasvind. Verder moet daar ook ‘n geborgenheidsruim geskep word waar leerders veilig voel en hul besittings veilig gehou kan word. Fasiliteite op die skoolterrein word gereeld gediens sodat dit bydra tot ‘n positiewe leeromgewing.

Onderwys
Elke leerder geniet die reg tot vrye en gelyke onderwys waar hy/sy haar potensiaal kan bereik, deur aktiewe deelname aan skoolprojekte, assessering en vorderingsgeleenthede.

DIE ROL VAN DIE LEERDER MET BETREKKING TOT DIE GEDRAGSKODE VIR LEERDERS
Leerder is aktief betrokke by die opstel en uitvaardiging van klasreëls wat positief bydra tot effektiewe klaskamerbestuur. Leerders is dan ook streng onderhewig aan die reëls wat hul help opstel het en moet die reëls getrou nakom. Daar word van elke leerder verwag om sy/haar skoolwerk tot die beste van sy/haar vermoë aan te pak en om tuiswerkopdragte te voltooi sonder enige onnodige afwesighede.

DIE ROL VAN ONDERWYSER MET BETREKKING TOT DIE GEDRAGSKODE VIR LEERDERS
Die opvoeder moet sy/haar onderwystaak verrig deur die doelbewuste uitbouing van elke leerder se kennis, taal, kultuur, geskiedenis en tradisies in die vorming van ‘n selfstandige burger van ons land. Erken die individualiteit van elke leerling, eerbiedig sy/haar persoonlikheid, skep ‘n heilsame opvoedingsmilieu, oefen gesag met liefde uit en weerhou hom/haar van kwetsende optrede. Eerbiedig die reg van elke leerling dat vertroulike inligting aangaande homself te alle tye weerhou sal word, behalwe wanneer dit deur gemagtigde instansies of volgens wet vereis word. Moet soms ingryp in die gang van sake en die kind leer om in vryheid en verantwoordelikheid die goeie te kies, al is dit nie altyd die voordeligste nie. Moet altyd daarna streef om ‘n voorbeeld te stel wat die leerders wil volg, opreg, pligsgetrou, konsekwent, edel, lojaal en standvastig in sy/haar rol as onderwyser.

DIE ROL VAN OUERS MET BETREKKING TOT DIE GEDRAGSKODE VIR LEERDERS
Die oorhoofse verantwoordelikheid vir die leerder se gedrag berus by die ouer of voog en daar word die volgende dienooreenkomstig verwag:
• Om die skool te ondersteun in alle aspekte in die onderrig en opvoeding van die leerder.
• Om ‘n aktiewe rol te speel in die tuiswerkopdragte van die leerder, sodat die nodige moontlikhede daar is vir die leerder.
• Daar word verwag van ouers om oueraande, vergaderings of beplanningsgesprekke by te woon.
• Ouers het die volle reg om wetlik op te tree teenoor enige onderwyser, leerder of persoon wat onwetlik teenoor sy/haar kind optree.

DISSIPLINE
Die handhawing van volgehoue dissipline-maatreëls by die skool is in belang van al die betrokke partye, veral die leerder wat oorhoofs selfdissipline ontwikkel. Die dissipline-proses teenoor leerder moet regverdig wees en meer pro-aktief uitgevoer as reaktief. Daar moet ook korrigering wees na die strafbare optrede. Dissipline is ook noodsaaklik om die leeromgewing te handhaaf en om leerders te beskerm teen ander leerders. Elke leerder het ‘n behoefte aan dissipline. Leerders wil weet wat hul mag doen en nie mag doen nie. Leerders raak onseker as hul nie weet wat van hul verwag word nie. Goeie dissipline laat die leerders veilig en geborge voel. Leerders vertrou ook die onderwysers om hul nie verkeerd te leer nie en verhoed om verkeerd op te tree.

ALGEMENE ReëLS:
• Alles wat ‘n Osie doen, word gedoen in belang van Oosskool en die uitbouing en funksionering van die skool as opvoedkundige inrigting.
• Geen mens lewe net vir homself nie. Jy het ‘n verantwoordelikheid teenoor jou skool en medeskoliere.
• Oorsaak en gevolg kan niemand ontkom nie en jou welslae of mislukking het ‘n direkte verband met jou inspanning en toewyding.

GEDRAG BINNE DIE SKOOLTERREIN
• Enige leerder wat die Hoof of Adjunkhoof wil spreek, meld eers aan by die sekretaresse.
• Elektroniese speletjies, radio’s en selfone is verbode gedurende skooltyd.
• Hoflikheid en goeie maniere geld te alle tye op die skoolterrein.
• Swak taalgebruik is totaal verbode.
• Die terrein mag slegs binnegekom of verlaat word deur een van die hekke. Dit is ‘n oortreding om oor die draadheining te klim.
• Die klim van bome, heinings en pale is streng verbode.
• Daar word van elke leerder verwag om op te staan om personeel en/of besoekers op die skoolterrein of in die klaskamer te groet.
• Voor en na skool, sowel as gedurende pouses word geen leerder in ‘n klaslokaal toegelaat sonder die uitdruklike toestemming en toesig van die klasonderwyser nie.
• Respek vir ander se persoonlike besittings sowel as skooleiendom word vereis.
• Geen leerder mag die eiendom van ‘n ander leerder (bv. Skooltas) sonder uitdruklike toestemming van die eienaar hanteer nie.
• Parkeerplekke vir personeel- en gastevoertuie is verbode terrein.
• Rommelstrooi word ten strengste verbied.
• Doelbewuste skade aan die skoolgeboue, tuin, terrein, brandslange of die elektriese toerusting, word as ‘n baie ernstige oortreding beskou. Ouers sal verantwoordelik gehou word vir sodanige skadevergoeding.
• Die saal se verhoog is verbode gebied – wat slegs betree mag word wanneer ‘n leerling in opdrag van ‘n onderwyser ‘n taak moet verrig.
• Geen verversings mag tydens ‘n funksie in die saal ingeneem word nie.
• Die sportvelde van ons skool is Saterdae en tydens vakansies tot beskikking van leerders van ons skool, onderworpe aan die volgende voorwaardes:
– Die terrein mag slegs betree word met toestemming van die Skoolhoof wanneer die hekke oopgesluit is.
– Geen leerder word toegelaat in die skoolgebou, op die stoepe of trappe nie, behalwe vir die gebruik van die toilette.
– Die krieketkolfblad en krieketnette is verbode gebied wat slegs met vooraf reëlings en onder toesig gebruik mag word.
– Geen leerder mag met ‘n skaatsplank, rollemskaatse of fietse op die stoepe, netbalbane of tennisbane ry nie.
– Tennisbane mag gebruik word deur voorafreëlings met die sporthoof en onder toesig.

GEDRAG BUITE DIE SKOOLTERREIN
• ‘n Leerder ingeskrewe by hierdie skool, se gedrag moet selfs buite die skool onberispelik wees – met of sonder uniform. Sou ‘n leerling hom/haar skuldig maak aan wangedrag in skooldrag, sal daar opgetree word.
• In belang van die oortreder en die goeie naam van die skool, word dit van elke leerder verwag om wangedrag van ander te rapporteer.

GEDRAG IN DIE KLEEDKAMER
• Geen leerder word in personeel kleedkamers toegelaat nie.
• Kleedkamers is nie ‘n vergaderplek nie. Geen saamdrommery, etery of gekuier word in kleedkamers toegelaat nie.
• Leerlinge moet hou by kleedkamerindeling.
• Beskadiging van eiendom, bv. krap op vloerteëls, enige merke met enige voorwerp, bolle nat papier teen plafon, breekskade ens. is ontoelaatbaar.
• Seuns word nie in meisies se kleedkamers toegelaat nie en andersom.
DRAG
SKOOLDRAG
Somerdrag : Meisies
Rok Oranje skoolrok.
“Hotpants” Groen broekie onder skoolrok in klerewinkel.
Skoene Swart skoolskoene – toeryg of gespe. Moet gepoleer kan word.
Graad 1-5 dogters mag in die somer kaalvoet skooltoe kom.
Graad 6 en 7 dogters moet skoene en kouse dra.
Kouse Kort groen skoolsokkies met oranje strepies.
Trui (opsioneel) Groen skooltrui met v-hals in klerewinkel.
Oortrektrui Groen oortrektrui vir saalopenings in klerewinkel.
Sweetpakbaadjie Sweetpakbaadjie mag gedra word met skoene en kouse.
Pawiljoendrag Pikkiepret vir die Juniorskool vind op Donderdae plaas in skoolure. Leerders kom met pawiljoendrag skooltoe om te voorkom dat klere verlore raak. Groen hemp en kort groen broekie is in die klerewinkel beskikbaar. Kaalvoet of tekkies.
Juwele – horlosie Slegs polshorlosie mag gedra word. Geen horlosie met stene of versierings mag gedra word nie.
Ringe Slegs een seëlring. Geen naeltjieringe. Geen toonringe.
Oorkrabbertjies “Studs” en ringetjies – silwer of goud. Slegs een oorkrabbertjie in elke oorbel aan die onderkant.
Hare Kuif mag nie oor die wenkbroue hang nie. Geen haarkleursel of strepe mag aangewend word nie. Indien hare langer as skouerlengte is (aan die ronding van die kraag raak) moet dit netjies vasgebind word. Linte – slegs wit, groen of oranje mag gedra word. Haarrekkies waaraan linte vas is, is beskikbaar by die klerewinkel.
Haarknippe Gepaste aanvaarbare grootte – wit, groen of oranje. Geen blomme, vlinders of ander versierings.

Somerdrag : Seuns
Broek Kort kakiebroek.
Hemp Kortmou kakiehemp.
Trui (opsioneel) Groen langmou skooltrui met v-hals in klerewinkel.
Oortrektrui Groen oortrektrui vir saalopenings.
Kouse Lang groen kouse met oranje strepe in omslag.
Skoene Swart toerygskoene. Moet gepoleer kan word. Graad 1-6 seuns mag in die somer kaalvoet skooltoe kom. Graad 7 kom met skoene en kouse skooltoe.
Sweetpakbaadjie Sweetpakbaadjie mag saam met die kakieklere gedra word met skoene en kouse.
Pawiljoendrag Pikkiepret vir die Juniorskool vind op Donderdae plaas in skoolure. Leerders kom met pawiljoendrag skooltoe om te voorkom dat klere verlore raak. Groen hemp en kort groen broekie is in die klerewinkel beskikbaar. Geen rugbybroeke. Kaalvoet of tekkies.
Juwele – horlosie Een polshorlosie mag gedra word.
Hare Kort en netjies. Kort om die ore. Korter as die kraag. Kuif mag nie oor die wenkbroue hang nie. Geen haarkleursel of strepe nie.

Wintersdrag : Meisies
Rok Oranje skoolrok.
“Hotpants” Groen broekie onder skoolrok in klerewinkel.
Groen Serp Slegs te kry in klerewinkel.
Trui (opsioneel) Groen skooltrui met V-hals.
Oortrektrui Groen oortrektrui vir saalopenings.
Sweetpakbaadjie Kan saam met wintersdrag gedra word.
Handskoene Slegs groen.
Kouse Lang groen kouse in skoolklerewinkel.
Skoene Swart skoolskoene : toeryg of gespe. Moet gepoleer kan word. Skoene verpligtend vir Graad 1-7 in die winter.
Langbroek Groen skoollangbroek.
Hemp Wit oopslaanhemp (lang- of kortmou).
Pawiljoendrag Gedurende Pikkiepret by die Juniorskool. Volledige skoolsweetpak, groen pawiljoendraghemp, wit tekkies (Slegs Donderdae).

Winterdrag : Seuns
Broek Grys langbroek.
Hemp Wit oopslaanhemp (lang-of kortmou).
Groen Serp Slegs te kry in klerewinkel.
Trui (opsioneel) Groen skooltrui met V-hals.
Oortrektrui Groen oortrektrui vir saalopenings.
Sweetpakbaadjie Kan saam met wintersdrag gedra word.
Handskoene Slegs groen.
Skoene Swart toerygskoene wat gepoleer kan word (geen stewels). Verpligtend saamf met wintersdrag. Graad 1-7.
Kouse Groen skoolkouse of grys kouse by langbroek.
Pawiljoendrag Gedurende Pikkiepret by die Juniorskool. Volledige skoolsweetpak, groen pawiljoendraghemp, wit tekkies (Slegs Donderdae).

Algemene bepalings
• Volledige provinsiale kleure mag alleenlik op Vrydae gedra word.
• Op hul verjaarsdae mag leerders gewone klere aantrek skooltoe.
• Donderdae dra Graad 1-3 pawiljoendrag.
• Wintersdrag word vanaf Mei-maand gedra. Die datum sal aangekondig word.
• Gewone reënjas/sambreel mag gebruik word.
Baie belangrik:
‘n Volledige skoolsweetpak met tekkies (geen plakkies) word by alle sportsoorte gedra of soos deur die afrigter gereël.

Drag van leerders tydens saalopening en funksies:
– Volledige somersdrag met groen oortrektrui.
– Seuns en dogters moet skoene en skoolkouse dra.
– Hare moet baie netjies wees. Indien dogters lang hare het moet dit vasgemaak word.
– Skoolbaadjies mag gedra word deur:
o Leiers (skoolbaadjie met goue koord)
o Eerste spanne van alle sportsoorte, redenaars en bybelvasvra
o Graad 7-leerders

SPORTDRAG – SKOOLKLEREWINKEL
Netbaldrag
Romp Groen netbalromp
Hemp Groen moulose hemp
Eerstespan Groen rok met oranje en wit strepe
“Hotpants” Groen broekie onder netbalrok
Kouse Groen of oranje sokkies met wit strepie
Skoene Tekkies – oorwegend wit
Tennisdrag : Seuns
Broek Groen pawiljoendrag broek
Hemp Wit tennishemp
Skoene Tekkies – oorwegend wit
Tennisdrag : Dogters
Eerstespan Groen rok met oranje en wit strepe
“Hotpants” Groen broekie onder tennisrok
Romp Groen netbalromp
Hemp Wit tennishemp
Skoene Tekkies – oorwegend wit
Swemdrag : Meisies
Swembroek Groen eenstuk swembroek (nie beskikbaar by klerewinkel)
Swempet Verpligtend. Groen/oranje
Swemdrag : Seuns
Swembroek Groen speedo (nie beskikbaar by klerewinkel)
Swempet Verpligtend. Groen/oranje
Rugbydrag
Trui Skool rugbytrui
Broek Groen rugbybroek
Eerstepan Eerstespan trui met wit rugbybroek
Krieketdrag
Hemp Wit tennishemp
Broek Wit langbroek
Kouse Wit of groen skoolkouse
Trui Groen skool oortrektrui
Skoene Tekkies – oorwegend wit
Atletiekdrag : Seuns en Meisies
Broek Groen atletiekbroekie
Frokkie Oranje
Skoene Tekkies – oorwegend wit
Hokkiedrag : Seuns
Broek Groen pawiljoendrag broek
Hemp Groen pawiljoendrag hemp
Eerste span Eerstespan hemp en broek
Kouse Lang hokkiekouse
Skoene Tekkies – oorwegend wit
Hokkiedrag : Meisies
Romp Groen netbalromp
Hemp Groen moulose netbalhemp
Eerste span Groen rok met oranje en wit strepe
“Hotpants” Groen broekie onder rok
Kouse Lang hokkiekouse
Skoene Tekkies – oorwegend wit

KLASWISSELING:
• Geen leerder mag tydens klastyd buite rondbeweeg sonder toestemming nie.
• Alle leerders woon klasse by volgens die daaglikse skoolrooster.
• Geen etery sal in klasse geduld word nie.
• Aan die einde van ‘n periode sal die personeellid die klas opdrag gee om hul boeke weg te pak en te verdaag.
• Met ‘n klaskaptein voor en ‘n ander agter, beweeg die klas in enkelgelid met die kortste roete na die volgende klas.
• Leerders mag nie oor die grasperk loop tydens klaswisseling nie.
• Leerders hou altyd links en loop agter mekaar tydens klaswisseling.
• Geen speletjies is toelaatbaar tydens klaswisseling nie.
• Klaswisseling moet binne vier minute afgehandel wees.
• Wanneer leerders die klaskamer binnestap, moet hulle stil wees.
• Tydens wisseling beweeg onderwysers na buite op die stoep teen die reëling.
• Tydens pouses en voor skool mag geen leerder sonder toestemming in klaskamers wees nie. Klaskamers word pouses gesluit.
• Geen snoepie aankope mag tydens klastyd of gedurende wisseling plaasvind nie. Onderwyser mag geen leerder in klastyd of gedurende wisseling stuur vir aankope by snoepie nie.

HANDBOEKE EN SKRIFTE:
• Alle handboeke en skrifte in ‘n leerling se besit bly die eiendom van die skool. Die netjiese
versorging en goeie instandhouding van alle boeke is dus ‘n vereiste.
• Alle klere en skooltasse moet gemerk wees.
• Geen gekrap in handboeke sal geduld word nie.
• Alle handboeke moet netjies met deurskynende plastiekmateriaal oorgetrek wees.
• Verlore boeke of beskadigde boeke sal deur die ouer vervang of betaal moet word.

AFWESIGHEDE VAN LEERLINGE
• Skoolafwesigheid is nie die reg van die ouer nie. Alle sake moet vooraf met die Skoolhoof gereël word. Van alle leerders word verwag om alle amptelike skooldae by te woon, insluitende spesiale sport-, kultuur en algemene skoolaktiwiteite wat deur die skool as verpligtend beskou word.
• Kinders wat terugkeer na ‘n afwesigheid moet ‘n nota vanaf die ouers of geneesheer toon. ‘n Verklaringsertifikaat moet gelewer word vanaf ‘n dokter in geval van ‘n aansteeklike siekte. Vir afwesigheid van drie dae of langer moet ‘n mediese sertifikaat ingedien word.
• Toestemming om leerlinge uit die skool te hou, sal slegs in uitsonderlike gevalle toegestaan word, bv. sterftes in die familie en dringende mediese afsprake.
• Dit sal waardeer word indien ouers die voogonderwyser via die kantoor in kennis sal stel van ‘n ernstige siekte of hospitaalopname van ‘n kind.
• Wanneer leerders gereeld afwesig is of ‘n vaste patroon van afwesigheid toon, moet die voogonderwyser dit rapporteer aan die Departementshoof, Leerderondersteuning vir hantering.
• Agterstallige akademiese werk moet deur die leerlinge en ouers op eie verantwoordelikheid ingehaal word.
• Indien leerders op toetsdae of gedurende die eksamen afwesig is, moet ‘n mediese sertifikaat getoon word voordat leerder die sieketoets kan skryf.

BESERING OF SIEKTE
Indien ‘n leerling tydens skoolure BESEER OF SIEK word, sal u as ouer deur die persoon verantwoordelik vir Leerlingaangeleenthede in kennis gestel word. Ouers, familie of gemagtigde persone wat leerlinge kom haal, moet die uittekenregister teken. Siek leerlinge moet tuis bly. Die skool is nie ingerig om siek leerlinge te huisves nie. Ouers mag nie leerders wat siek is skool toe stuur om in aanmerking te kom vir skoolbesoeksertifikate nie.

ALLERGIEë
Indien u kind allergies is vir iets, byvoorbeeld bysteek, gras of enige ander mediese probleme ondervind, moet dit onverwyld onder die aandag van die persoon verantwoordelik vir Leerlingaangeleenthede en die Registeronderwyser gebring word.

MEDISYNE BELEID
Volgens die Departement van Onderwys mag geen medisyne van enige aard by die skool uitgedeel
word deur onderwysers of personeel nie. Ouers is self verantwoordelik vir die toediening van
medisyne of deur die medisyne in te gee by persoon verantwoordelik vir Leerlingaangeleenthede
waar dit in die register aan- en afgeteken sal word.

ORDE REëLINGS
• Onderwysers mag slegs gedurende die volgende tye in hulle klasse geskakel word:
Graad 1-2: 09:15-09:25 en 12:45-13:45
Graad 3: 09:15-09:25 en 13:00-13:45
Graad 4-7: 07:30-07:50 en 13:30-13:45
• Afsprake met onderwysers moet persoonlik met die betrokke onderwyser gereël word.
• Die afhaal van leerders voor 13:30 moet slegs in uiterste gevalle oorweeg word.
• Beperk afsprake (dokter, tandarts) vir u kind tydens skoolure tot die minimum en slegs in noodgevalle.
• Afwesighede moet vooraf per brief gereël word en is onderhewig aan toestemming deur die Skoolhoof.
• Geen leerder word in klastyd na die kantoor ontbied nie.
• Leerders wat by die skool siek word of seerkry moet by die kantoor aanmeld. Slegs die persoon verantwoordelik vir Leerderaangeleenthede mag die ouers ontbied om ‘n kind by die skool te kom haal. Geen leerder mag per selfoon sy ouer ontbied om hom/haar te kom haal nie.

LEERLINGVEILIGHEID
• Geen leerder mag vroeër as 06:45 by die skool afgelaai word nie. Toesig is slegs beskikbaar vanaf 06:45.
• Wanneer aandfunksies plaasvind, moet u asseblief sorg dat u, u kind stiptelik ontmoet tydens verdaging. Onder geen omstandighede word leerlinge toegelaat om buite die skoolterrein te wag of om op die sypaadjie te vergader nie.
• Skoolhekke word soggens om 7:30 gesluit. Laatkommers meld dan aan by die Ontvangs.

OP- EN AFLAAI VAN LEERDERS
Die volgende reëlings geld vir die op- en aflaai van leerders om die verkeer rondom die skool te reguleer:
Graad R: Hekkie in Tucanalaan
Graad 1-2: Motorhek in Kleinenbergstraat (wagboom)
Graad 3-4: Voetgangerhek in Kleinenbergstraat
Graad 5-7: Voetgangerhek in Bendorrylaan
Wanneer daar meer as een leerder van ‘n betrokke gesin is, word boeties en sussies saam met die oudste leerder opgelaai. Geen motors word binne die skoolterrein toegelaat nie.

Die voorportaal by ontvangs word slegs gebruik deur ouers en besoekers. Geen leerder betree of verlaat die skoolterrein deur die voorportaal nie.

BUSVERVOER
• Leerders wat van ‘n skoolbus gebruik maak, se gedrag moet te alle tye onberispelik wees.
• Klagtes van busbestuurders sal in ‘n ernstige lig beskou word en oortredings sal dienooreenkomstig hanteer word.
• Busvervoer na sport- of ander byeenkomste moet leerlinge in skooldrag of voorgeskrewe drag geklee wees.
• Gebare aan ander motoriste word verbied.
• Ordelikheid is ‘n vereiste en die busse moet skoon agtergelaat word.
• Leerlinge word volgens bepaalde tye verskoon uit klasse vir busvervoer. Geen leerders mag onder enige omstandighede voor die bepaalde tyd afgehaal word om te gaan eet of aantrek nie.

GEBRUIK VAN TELEFOON EN BOODSKAPPE
• Slegs noodboodskappe word aan leerders oorgedra.
• Leerders word nie toegelaat om oproepe vanaf die kantoor te maak nie.

VERLORE GOEDERE
Alle verlore goedere word by ontvangs ingehandig. Klere wat nie duidelik met naam en van gemerk is nie word geskenk aan minderbevoorregtes.