Ons Skool

IMG-20230123-WA0010

2023:  Ruben Vorster (Hoofseun) en Mia O’Reilly (Hoofdogter)

Ons Skoollied

Met hart en siel dra ons die eer
van ons geliefde skool
Vol moed en durf sal ons probeer
Te werk en wen soos dit behoort
‘n Toekoms word vir ons ontsluit
deur wagwoord: Glo en Bou
In eenheid van oranje, groen en wit
beloof ons hoogste trou
So staan ons groots in ons gemoed
Die hoof gerig na Bo
En trots sing ons die naam so soet
Oosskool, Oosskool, Oosskool

Laerskool Pietersburg-Oos Dagbestuur

Hoof

Mnr. Gideon Pelzer
hoof@oosskool.co.za

Adjunkhoof Akademie

Lizette Olivier
lizete@oosskool.co.za

Adjunkhoof Leerderaangeleenthede

Chris Smit
chris@oosskool.co.za

Junior Departementshoof

Annamart Dorfling
annamart@oosskool.co.za

Dissiplinehoof

Jan-Boland Deysel

rugby@oosskool.co.za

Junior Departementshoof

Alta Gouws
alta@oosskool.co.za

Departemenshoof Tale

Sonja Bezuidenhout
sonja@oosskool.co.za

Waarnemende Adjunkhoof

Sammy Vorster
sammy@oosskool.co.za

Departementshoof Geesteswetenskappe

Adri Lambrechts
adri@oosskool.co.za

Junior Dissiplinehoof

Magdel Cooper
magdel@oosskool.co.za

Sporthoof

Johan Bekker
johan@oosskool.co.za

Veiligheid en sekuriteit

Henry De Nysschen
henry@oosskool.co.za

Wiskunde & Wetenskap

Nelmerie Venter
nelmerie@oosskool.co.za

Laerskool Pietersburg-Oos Beheerliggaam

Hoof

Mnr Gideon Pelzer
hoof@oosskool.co.za

Adjunkhoof Akademie

Me Lizette Olivier
lizete@oosskool.co.za

Adjunkhoof Leerderaangeleenthede

Mnr Chris Smith
chris@oosskool.co.za

Voorsitter

Dr Paul Vorster
voorsitter@oosskool.co.za

Ondervoorsitter Buite-kurrikulêr (Sport en Kultuur)

Mnr Jacques Pretorius
ondervoorsitter@oosskool.co.za

Tesourier / IT / Finkom voorsitter

Me Christine Espach
finkomvoorsitter@oosskool.co.za

Fondswerwing / Snoepie

Me Anerett van Zyl (Grey)
fondswerwing@oosskool.co.za

Geboue en terrein / Veiligheid

Mnr Jurgens Bergh
gebouenterrein@oosskool.co.za

Personeel- en leerderaangeleenthede / Ondersteuningsentrum

Mnr MC Botha
personeelaangeleenthede@oosskool.co.za

Sekretaresse

Me Soekie van Emmenis
soekie@oosskool.co.za

Missie

Ons strewe is die begeleiding van die totale kind om sy/haar volle individuele potensiaal optimaal te verwesenlik tot voordeel van hom-/haarself en ander.

Visie

• Die handhawing, beskerming en bevordering van Christelike waardes, met erkenning en beskerming van vryheid van geloof.
• Afrikaans as amptelike voertaal en onderrigmedia.
• Akademiese standaard, onderrig en buitekurrikulêre aktiwiteite op die hoogste peil.
• Leerlinge aan hierdie skool vormend toe te rus met karaktereienskappe.
• Die nasionale en eie simbole (skoolvlag, skoollied) word as deel van die visie van die skool met die nodige eerbied hanteer soos Opregtheid,

Deursettingsvermoë, Respek, Gehoorsaamheid, Selfbeheersing, Mededeelsaamheid, Samewerking, Hulpvaardigheid, Verantwoordelikheid, Lojaliteit, Eerlikheid, Integriteit, Bedagsaamheid, Stiptelikheid, Vertroue, Pligsgetrouheid.
• ‘n Oop, eerlike en ondersteunende verhouding tussen alle deelnemers.
• Optimale benutting van almal se talente met gepaardgaande erkenning.
• Handhawing van menswaardigheid en wedersydse respek.
• Persoonlike kontak.
• Konstruktiewe kritiek word verwelkom.
• “Walk the talk” – Doen wat ons sê!

Skoolfonds

• Betaalbaar oor 11 maande.
• Maandeliks betaalbaar voor die 7de van die maand.
• Kwartaalliks betaalbaar gedurende die eerste week van ‘n nuwe kwartaal.

Kontant, Tjeks, Bankinbetalings, Debietorders, Internetbetalings.
Bankbesonderhede is as volg:
Naam: Laerskool Pietersburg-Oos
Bank: ABSA Tjekrekening
Nommer: 1160 490 078
Kode: 632005
Verwysing: Kind se naam en van

Grondslag

Laerskool Pietersburg-Oos staan op die grondslag van die Bybel as die Woord van God en bely dat die Woord rigtinggewend is vir die hele lewe. Die grondslag en karakter van Laerskool Pietersburg-Oos word verskans in sy grondwet, verwerklik deur personeel, oorgedra aan leerlinge, verbeeld in die ampswapen, verwoord in die leuse en vergestalt in die missie.

Ons is ten volle verbind tot die begeleiding en vorming van die totale kind om volle individuele potensiaal optimaal te verwesenlik tot voordeel van hom/haarself en ander vanuit ‘n Christelike perspektief en waardestelsel in vennootskap met ouers en selfverwesenliking van ons personeel.

Geskiedenis Van Ons Skool

Stigtingsdatum : 12 Januarie 1972. Geleë aan die Oostekant van Polokwane en was die sesde laerskool in die dorp. Die skool was oorspronklik gebou vir 250 leerlinge en het net 10 klaskamers gehad. Die skool was so beplan dat dit vergroot kon word.

Eerste skoolhoof:

Mnr R du Preez: 1972-1975
Mnr R Jacobs: 1976 (waarnemend)
Mnr L Gravett: 1977 – Augustus 1982
Mnr S van der Lith: Augustus 1982 – Julie 1983
Mnr H P Plomp: Augustus 1983 – 1991
Mnr W A Joubert: 1992 (waarnemend)
Mnr D P Oelofse: 1993 – 2007
Mnr J L Vertongen: 2008 – Junie 2009 (waarnemend)
Mnr CC Snyman:  Julie 2009 – Oktober 2013
Me L Olivier:  November 2013 – Junie 2015 (waarnemend)
Mnr G Pelzer:  Julie 2015  – huidiglik

Skoolvlag en Wapen

Die skoolwapen is ontwerp deur ‘n vorige ouer van die skool, me Berta Meyer. Dit bestaan uit ‘n oranje skild met ‘n vertikale baan in die middel met ‘n silwer sleutel daarop. Die leuse, Glo en Bou, verskyn in groen op ‘n oranje lint onderaan. Op ‘n horisontale balk bo-aan staan die woorde Pietersburg-Oos, ook in groen. Die simboliek word weerspieël in die leuse wat die skepping was van ds JJ Odendaal van die NG Gemeente Pietersburg-Oos.

Glo in God
In jou volk (gemeenskap, skool)
In jouself.
Bou jou persoonlikheid
Jou volk (gemeenskap, skool)
Die Koninkryk van God.
Wie so Glo en Bou
Ontsluit sy persoonlikheid
En sluit ‘n toekoms oop – tydelik en ewiglik.