Kultuur

Alle kultuur aktiwiteite by Oosskool

Juniorkoor

• Bestaan uit leerders van Graad 1-3.
• Daar is ongeveer 80 lede, seuns en dogters.
• Leerders ondergaan ‘n keuringsproses deur ‘n oudisie af te lê.
• Neem jaarliks aan verskeie kompetisies deel, naamlik Bosveldkunstefees, Super 12 ens.
• Drag – volledige koordrag.

Seniorkoor

• Bestaan uit leerders van Graad 4-7.
• Daar is ongeveer 100 lede, seuns en dogters.
• Leerders ondergaan ‘n keuringsproses deur ‘n oudisie af te lê.
• Neem jaarliks aan verskeie kompetisies deel, naamlik Bosveldkunstefees, Super 12 en Applous.
• Drag – volledige koordrag.

IMG_8896

Kunswedstryde, Revues en Konserte

• In Polokwane en in ons buurdorpe is jaarliks kunswedstryde wat geleentheid bied vir leerders om hul talente te beoefen.
• Verskeie items word aangebied en die beoordelaars word met sorg gekies.
• Leerders skryf deur die skool in of onder privaat geaffilieerde afrigters.
• Afrigting word deur ervare onderwysers by die skool onderneem in poësie, gedramatiseerde poësie, drama, bladlees sang en kore. Ons presteer jaarliks besonder goed in alle afdelings.
• Revues, konserte en ander produksies word beurtelings by Oosskool op die planke gebring. Ons beskik oor toegewyde en ervare afrigters op ons personeel en waar nodig word kundiges ingehuur.
• Dis belangrik dat die massa in die optredes betrek word sodat die kind ook ‘n kans kan kry om op hierdie gebied te ontwikkel.
• Oosskool bied ook al om die tweede jaar die Koraalfees aan.

IMG-20190214-WA0059

Redenaars

• Vir alle belangstellende leerders van Graad 1-7.
• Twee interne kompetisies vind plaas waar alle leerlinge albei kere geleentheid gegun word om
deel te neem.
• Daarna word Super 12 en ATKV spanne gekies.

IMG-20190311-WA0008