Kommunikasie Met Ouers

Hoe kommunikeer ons met ons Osie-ouers?

D6-Connect Toepassing

• Belangrike kennisgewings en kommunikasie word deur middel van die D6-Connect toepassing aan ouers deurgegee.
• Ouers het ook die geleentheid om hul besigheid of dienste op die D6-Connect toepassing te adverteer.
• Kontak ons administratiewe kantoor op 015 296 0214 vir verdere navrae.

IMG_2107

Kwartaalprogram

Kwartaalprogramme word in die eerste week van elke kwartaal aan jongste of enigste leerder besorg.

Tuiswerkgids

Word deur die skool voorsien aan Graad 1-4 leerders en moet daagliks in elke leerder se skooltas wees en deur ouers geteken word.