Inskrywings

Wat jy moet weet oor inskrywings en skoolverlaters.

Dokumentasie Vir Leerder Inskrywing

Wanneer leerders ingeskryf word, moet die volgende dokumente die aansoek vergesel:
• Geboortesertifikaat of identiteitsdokument van die kind;
• Oorplasingskaart van vorige skool;
• Jongste skoolrapport;
• Bewys van woonadres.

2023 AANSOEK OM TOELATING GRAAD R EN GRAAD 1

GRAAD R INLIGTINGSTUK 2022

GRAAD 1 INLIGTINGSTUK 2022

Kriteria vir toelating tot Graad 1:

• Die jaar waarin ‘n kleuter 7 word, is hy/sy skoolpligtig.
• Voorkeur sal verleen word aan aansoekers wat aan een van die volgende kriteria voldoen:
– Leerders wat reeds ‘n broer of suster in die skool het, of gehad het;
– Leerders woonagtig in die normale voedingsarea van die skool;
– Leerders wat voorheen ingeskrewe leerlinge van die skool was en die skool verlaat het weens verhuising van ouers.
• Die leerder en sy/haar ouers of voog Afrikaans as onderrigmedium van die skool aanvaar;
• Die leerder moet inpas by die natuurlike chronologiese ouderdom van die graadgroep;
• Ouers/voogde/leerders onderneem om skoolreëls te aanvaar en hulle daaraan te onderwerp;
• Ouers/voogde onderneem om die vasgestelde skoolgeld te betaal of om op die voorgeskrewe wyse aansoek te doen vir ‘n beurs;
• Die Beheerliggaam behou die reg voor om toelating te weier indien die betrokke graadgroep se klasse reeds ten volle benut word;

Verlating Van Skool

• Vroegtydige skriftelike kennisgewing moet aan die skool verskaf word om ‘n oorplasingstaat uit te reik.
• Maak seker dat u kind se oorplasingskaart die laaste skooldag afgehaal word.
• Alle handboeke en biblioteekboeke moet terugbesorg word. Waar leerders versuim sal ‘n rekening vir onmiddellike vereffening gelewer word.
• Uitstaande skoolgeld moet vereffen wees voordat ‘n oorplasingskaart oorhandig word.