Fasiliteite en Dienste

Wagklas

• Graad 1 en 2 leerders verdaag om 13:00.
• Graad 3 leerders verdaag om 13:30.
• ‘n Personeellid hou toesig by die wagboom (hek in Kleinenbergstaat) totdat alle leerders verdaag het om 13:30.
• Geen kind mag die terrein verlaat as hulle ouers nog nie daar is om hulle af te haal nie.
• Toesig is tot 14:00 by die Seniorskool se uitgange.

Naskoolsentrum

Die skool beskik oor ‘n naskoolsentrum. Vir enige navrae kontak die klerewinkel.

IMG_2679

Skoolklerewinkel

TYE:
Maandae tot Donderdag:  07:30 – 13:30
Vrydae:  07:30 – 10:00              

Besoek  aan die Klerewinkel word slegs per afspraak toegelaat.  Kontak ons gerus op 015 296 2014  vir ‘n afspraak.

Die Klerewinkel is deel van die adminblok wat gebruik maak van die ingang in Bendorrylaan.

Betalings kan per kaart, D6-kontantlose bandjie of elektroniese oorbetaling geskied.

Die aanlyn winkel is tans in wording.

STRENG COVID-19 REGULASIES WORD GEVOLG. 

IMG_6430

Rekenaarsentrum

• Leerders in die Junior- sowel as Seniorfase gaan een keer per week vir 40 minute na die rekenaarsentrum.
• Leerders leer om rekenaars te gebruik.
• Geen klasse in die middae.
• Word ook gebruik deur leerarea aanbiedings en leerderondersteuning asook Leesstrategieë.

computer-at-modern-office-PHAJ59S

Kekkel en Kloek

• Oop tydens pouses.
• Verkoop voedsame kos sowel as lekkernye.
• Oop tydens sportbyeenkomste en funksies.
• D6-kontantlose bandjie verkope word hier gebruik.

Snoepie

Biblioteek

• Die Biblioteektye om boeke uit te neem is as volg:
Maandae tot Donderdae
Juniorskool – 09:40-10:00
Seniorskool – 10:00-10:30
Vrydae mag boeke nie uitgeneem word nie.
• Leerders kan naslaan-, studie- of algemene leeswerk gedurende hierdie ure doen.
• Om ‘n uitleenlid te word sluit leerders by die biblioteek aan teen ‘n vasgestelde bedrag. Een uitleenkaartjie word aan elke ingeskrewe lid uitgereik.
• Indien kaartjie verlore raak moet ‘n bedrag soos vasgestel betaal word om ‘n nuwe kaartjie uit te reik.

IMG-20190314-WA0018

Belangrike Skakels

Kommunikasie
Ons maniere van inligting oordra na ons Osie ouers.
Sien inligting
1
Sport
Alles wat jy wil weet oor sport by Oosskool.
Sien inligting
2
Kultuur
Ons kultuur aktiwiteite by Oosskool.
Sien inligting
3